Bekendstelling – getuienis van die skrywer: |
Kiddi Beat Gospel
|
'Laat die kinders na My toe kom'. Met hierdie woorde het die Here die droom in my hart wakker gemaak om die boodskap van Jesus se Liefde en Verlossing in Afrikaans by ons kleuters en peuters tuis te bring. So dikwels ken ons kinders vir liewe Jesus, maar is oningelig en soms selfs bang vir God. Die doel van die produkte is om klein kindertjies deur kreatiewe en speel-leer metodes aan God se karakter bekend te stel.
In Augustus 2006 het die Here aan my gesê dat Hy wil hê dat ek my musiekopleiding, sowel as kennis van die kleuter moet gebruik in ‘n gospel program. In daardie stadium was ek reeds medeskrywer en -stigter van die musiekontwikkelingsprogram Kiddi Beat Sp (huidiglik bekend as Kiddi Beat Musiekspesialiste) – ‘n program vir babas en kleuters. Vandaar het die Here op wonderbaarlike wyse deure laat oopgaan en ook ander toegesluit om die skryf van die gospel program moontlik te maak. Vanaf die begin van 2007 het ek in gehoorsaamheid en onder leiding van die Heilige Gees begin om die programme te skryf. Ek gee graag aan God al die eer vir die kreatiwiteit, deursettingsvermoë en opwinding wat die programme se skryf in my binneste wakker gemaak het.
Sanet Schoeman