|
|
|
|
Kiddi Beat SP
- Wil jy graag met kinders werk?
- Het jy enige musiekopleiding of agtergrond?
- Wil jy graag jou eie besigheid bedryf?
- Wil jy graag jou gespesialiseerde musiekvaardighede gebruik en erkenning daarvoor ontvang?
- Soek jy na 'n program wat die uitdagings en diversiteit van die Suid-Afrikaanse mark aanspreek?
|
|
|
Indien jy 'n musiekopvoeder en/of 'n musiekspesialis is met vakspesifieke vaardighede in musiekopvoeding, is hierdie program in die kol vir jou. Hierdie program sal jou instaat stel om jou eie onderneming te begin deur die aanbieding en bestuur van jou eie musiekstudio, asook as 'n besoekende musiekfasiliteerder in kleuterskole en créches.
- Babas vanaf 3 maande
- Peuters wat kan loop, tot 2 jaar
- 2-3 jaar
- 3-4 jaar
- 4-5+ jaar
Materiaal saamgestel deur Petro Grové and Sanet Schoeman.
na bo
| V. |
Hoe is die onderrigmateriaal saamgestel? |
| A. |
Die lesmateriaal van al die ouderdomsgroepe (met die uitsondering van die babas), is gebaseer op 'n gemeenskaplike oorkoepelende tema wat oor 10 weke (een skoolkwartaal) strek. Die sentrale tema word in 'n spiraalkurrikulum ontwikkel waar musiek- en ander konsepte en vaardighede gevorm en ontwikkel word deur deelname aan sang, beweging, spel, kreatiewe werk, asook voorbereidende lees en skryfoefeninge.
|
| V. | Word die leerder se ontwikkelingspeil in berekening gebring?
| | A. |
Elke program is saamgestel om die spesifieke ontwikkelingseienskappe van elke ouderdomsgroep te akkomodeer en te ontwikkel. Kreatiewe aktiwiteite soos onder meer telspeletjies, die bou van legkaarte, gedigte en ander motoriese vaardighede word gebruik om die leerder se leerervaring optimaal te benut en te verryk. Daar word gefokus op die kind se ontwikkeling in totaliteit terwyl 'n liefde vir musiek spontaan gekweek word.
|
| V. | Is die materiaal in die praktyk getoets? | | A. | Alle Kiddi Beat SP materiaal is in die praktyk getoets en aangepas vir beide die studio en kleuterskool voor finale publikasie.
|
| V. | Waaruit bestaan 'n pakket?
| | A. | Een pakket maak voorsiening vir onderrigmateriaal vir een skoolkwartaal (10 weke) in een ouderdomsgroep.
Dit sluit die volgende in: klankmateriaal, tuisaktiwiteite, opsommende voorbereidingsnotas, grafies ontwerpte visuele onderrigmedia wat bestaan uit ondermeer storiekaarte, flitskaarte, aktiwiteitskaarte, legkaarte en werkkaarte.
|
| V. | Waaruit bestaan die klankmateriaal? | | A. | Al die klanksnitte benodig vir die implementering van die programme, is ingesluit. Die klanksnitte sluit die volgende in: Klassieke musiek, Ligte klassieke musiek, Instrumentale Afrika musiek, Kinderliedere, nuut gekomponeerde liedere met klankbane.
|
| V. | Sal ek baie nuwe musiekinstrumente moet aankoop? | | A. | Om die programme aan te bied, word slegs basiese instrumente benodig. Jy kan self die voorgeskrewe instrumente aankoop en later aanvul. Kiddi Beat kan ook 'n pakket aan jou beskikbaar stel teen 'n redelike prys.
|
| V. | Hoe word leerlingfooie bepaal? | | A. | Kiddi Beat SP stel jaarliks mededingende fooie vas. Daar is verskillende fooie vir studio en kleuterskole.
|
| V. | Is daar enige ander verskuilde kostes aan ouers? | | A. | NEE! Tuiswerk is ingesluit by die pakkette en word gratis aan ouers verskaf. Die aankoop van aanvullende materiaal is opsioneel. Inligting daaromtrent word as deel van die tuiswerk aan ouers gegee en is kommersieël beskikbaar.
|
na bo
Die basis van die Kiddi Beat SP program behels die volgende:
- Die program is slegs bekombaar deur hoogs gekwalifiseerde musiek- en opvoedingspesialiste wat reeds oor die nodige vaardighede en kundighede beskik om die jong kind aan musiekaktiwiteite bekend te stel.
- Die program kan in Afrikaans en/of Engels aangebied word. Sodoende kan die fasiliteerder die klasse, rympies, liedjies en stories in die taalvoorkeur van die ouers aanbied.
- 'n Ondersteuningspakket wat jou sal help om jou onderneming te begin en te bestuur is ingesluit.
- Die program bied dubbele implementeringsopsies in studios en/of kleuterskole/créches
Om uit te vind of jy kwalifiseer om as geakkrediteerde Kiddi Beat SP fasiliteerde op te tree, kontak kiddibeat@telkomsa.net
na bo
...Ons het toe ook aan die praat geraak en ek het vertel ek bied Kiddi Beat aan. Ek het net vertel hoe oulik dit is en hoe groot sukses dit is. ...Ek is gek oor program 2, daar is sulke oulike idees en aktiwiteite, ek is seker my mond hang met tye meer oop as die kinders s'n vir julle kreatiwiteit en wonderlike idees!
Oor die algemeen het ek dit geniet om die programme aan te bied en die kinders en ouers het die materiaal baie geniet. Die temas is op verbeeldingryke maniere uitgebou en oulike musiek is gebruik met interessante hulpmiddels en illustrasies! Hoera vir Kiddi Beat!
Tot dusver was die reaksie op ons aankondiging om oor te skakel na Kiddi Beat toe, so oorweldigend positief van die ouers af, dat ons harte sommer net warm word by die blote gedagte aan volgende kwartaal. Alles maak ons sommer net baie opgewonde. Sanet was reg met haar woorde "Dit voel of Kiddi Beat gereed maak om oop te bars!".
na bo
Materiaal geskryf en saamgestel deur: Petro Grové and Sanet Schoeman.
Grafiese ontwerp deur: Charlotte Coetzee
Klankbane: Erika Beneke.
Beide Sanet Schoeman en Petro Grové het doktorsgrade in Musiekopvoeding aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hulle onderrigervaring dek die hele spektrum van opvoedkunde, naamlik pre-primêre-, primêre- sekondêre en tersiêre vlakke. Sanet gee vir die afgelope 9 jaar klas op voor- en nagraadse vlak by die Universiteit van Pretoria.
Petro tree op as deeltydse lektor by UP vir die afgelope 5 jaar. Tussen hulle het Sanet en Petro gereelde bydraes gelewer ten opsigte van die aanbieding van kursusse en werkswinkels, sowel as nasionale en internasionale werkswinkels en siminare. Hulle het ook beide verskeie publikasies in Musiekopvoeding uitgebring.
Die Kiddi Beat SP Studio in Hartbeespoort is saam deur hulle begin. Sederdien het verskeie kleuterskole en crèches ingeskryf vir die Kiddi Beat SP program. Sanet en Petro is albei getroud en het tussen hulle, 4 seuns. Hierdie programme is dan ook aan hulle opgedra.
na bo
Elke maand fokus ons op 'n ander studio! Vind meer uit van die verskillende studios hier onder:
Indien jy meer inligting benodig oor waar en hoe om 'n Kiddi Beat SP fasiliteerder in jou area te kontak, stuur asseblief jou versoek aan kiddibeat@telkomsa.net. Wees verseker dat al ons fasiliteerders professionele en hoogs opgeleide opvoeders is.
Die doelstellings van Kiddi Beat SP is om:
- Die kind in totaliteit te ontwikkel deur middel van aktiewe deelname aan sang, instrumentale spel, beweging, beluistering an die lees en skryf van musiek op 'n kreatiewe manier.
- Die vorming van musiekkonsepte te fasiliteer. Dit het tot gevolg dat die kind se aandagspan sal verbreed en dra by tot sy/haar probleemoplossingsvaardighede, sowel as sosiale vaardighede terwyl 'n liefde vir musiek gekweek word.
- Die jong kind voor te berei vir die leergebeure in die grondslagfase wat onder meer geletterdheid, syferkunde en lewensvaardighede insluit.
- 'n Natuurlike liefde vir musiek te kweek deur hom/haar bekend te stel aan 'n verskeidenheid musiekstyle en tradisies.
- 'n Basis te skep wat die jong kind sal motiveer tot lewenslange betrokkenheid in musiek en die Kunste.
- Musiekpotensiaal te ontwikkel en te versterk.
na bo
|
|