Dr. Anet le Roux en Janice Robertson is medewerkers aan die 'Music for Me' program. Die ontwikkeling en stimulasie van die kleinkind deur musiek is, sedert die geboorte van hulle eie kinders, hulle passie. Beide is hoogs gekwalifiseerde musiekopvoeders. Hulle kennis en ervaring kom tot uiting in die onderrigmateriaal en klankproduksies soos ook in die program vervat. Anet en Janice glo dat die musikale potensiaal van elke kind reeds van vroeg af aangewakker word deur die blootstelling aan musiek.
Hierdie sensitiewe venstertydperk vir die ontwikkeling van ‘n musikale brein stimuleer die kind
tot groter moontlikhede. Hulle doelwit met hierdie program is dus vroeë blootstelling aan klank, in ‘n ondersteunende ontwikkelingsgeskikte program.
| V. |
Word daar van temas gebruik gemaak? |
| A. |
Ja. Die lesse is gebaseer op temas vanuit die kind se eie leefwêreld, soos byvoorbeeld Vuur, Diere, My liggaam, Inkopies, Vervoer, My verjaarsdag, Selfone, Op die myn, Seisoene, Sintuie, Ander lande, Die orkes en baie meer. Elke program maak gebruik van ander temas.
|
| V. | Het ek 'n musiekagtergrond nodig?
|
| A. |
U het nie gevorderde musiekkennis nodig om hierdie lesse suksesvol aan te bied nie. Die lesse maak gebruik van basiese elemente van musiek, soos tempo (vinnig/stadig), dinamiek (hard/sag) en ritme (lank/kort). Stappe word duidelik uiteengesit.
|
| V. | Is die lesse op aktiwiteite gebaseer? |
| A. | Indeed. Activities include singing, moving, listening and playing instruments. Children are motivated to be creative through pictures, symbols and concrete media.
|
| V. | Wat is die benadering tot kleinkindontwikkeling?
|
| A. | Die kind word gesien in totaliteit. Daarom fokus die aktiwiteite op totale ontwikkeling, wat insluit sosiale, perseptuele, motoriese, emosionele, spraak, kommunikasie en konseptuele ontwikkeling deur middel van musiek.
|
| V. | Word uitkomsgebaseerde onderwys gebruik? |
| A. | Ja, die programme is op die uitkomsgebaseerde stelsel gebou.
|
| V. | Word daar klank ingesluit by die programme? |
| A. | Elke afsonderlike program bevat 'n dubbele CD stel met liedjies, klankeffekte en rympies soos benodig vir die lesse. Elke CD kan tot soveel as 75 snitte bevat. Klankmateriaal is professioneel in 'n studio opgeneem en bevat snitte in Engels, Afrikaans, seSotho, isiZulu, seTswana, Duits en Frans.
|
| V. | Watter tipe opvoedkundige media word benodig vir die programme? |
| A. | Die volgende opvoedkundige media word ingesluit: flitskaarte, werkkaarte, prente, stories, kaarte, ens. U sal self maklik bekombare en bekostigbare media moet voorsien en bymekaarmaak, soos 'n borrelblaser, leë papier rolle, stokkies vir 'n vuur, plastiese pil houers, vere, hoepels, rekkies, boontjiesakkies, ens.
|
| V. | Sal ek instrumente moet aanskaf? |
| A. | Instrumente wat gebruik word is goedkoop en/of tuisgemaak, soos byvoorbeeld stokkies (wat 'n opgesaagde besemstok kan wees), klokkies en ratels (leë jogurthouers gevul met rys) en dromme (maak self met leë koffieblikke) Skole met gesofistikeerde musiekinstrumente sal dit handig kan gebruik.
|
| V. | Hoe lank is die lesse in die programme? |
| A. | Die tydsduurte van die lesse verskil van program tot program: 15-20 minute vir die 3-4 jaar program, 20-30 minute vir die 4-5 jaar program en 30-40 minute vir die 5-6 jaar program.
|
'Kiddi Beat is waarlik 'n program wat vir geen ander hoef terug te staan nie. Ek werk heerlik daaraan. Dis maklik om te gebruik en die kinders geniet dit."
"An excellent theoretical framework to complement the work of music teachers with a lot of practical teaching experience."
"Hierdie program vervang amper al my kinders se buitemuurse aktiwiteite. Kiddi Beat gaan my nog baie petrol en rondryery agter die kinders aan spaar."
"Your programmes will be especially useful to busy music teachers because of the structured approach and the fact that the groundwork has already been done."