Wie is ons?
Kiddi Beat is 'n unieke Suid-Afrikaanse Musiekopvoedingsprogram wat voorsiening maak vir die jong kind vanaf geboorte tot aan die einde van die voorskoolse fase (graad R). Die lesmateriaal is spesifiek saamgestel om die leerders aan 'n wye verskeidenheid van musiek- en sangstyle, asook kulture en tale, wat die diversiteit van Suid-Afrika weerspieël, bekend te stel.
Die leuse 'Ek kan sing, speel en dans' dui op die aktiewe betrokkenheid van leerders en ouers by die leergebeure. Deur doelgerigte en kreatiewe betrokkenheid by geselekteerde musiekaktiwiteite leer die kinders om musiek te verstaan en lief te kry.
Die leerders ontdek, vorm en ontwikkel musiekkonsepte deur sang, instrumentale spel, die lees en skryf van musieknotasie, beluistering van en beweging saam met musiek.
Musiek word ook 'n medium waarby ander ontwikkelingsvaardighede soos onder meer aktiewe spel, storie vertellings, audio- en visuele stimulering, taal- en leesvaardighede, lewensvaardighede, sosiale interaksie, asook syfervaardighede geïntegreer word. Die leerproses word dus 'n genotvolle interaktiewe leerervaring waardeur heelbreinontwikkeling gestimuleer word.
Written by South African music education experts with collectively more than 40 years' experience.
- Geskryf en saamgestel deur gesaghebbende Suid-Afrikaanse musiekopvoeders met meer as 40 jaar ondervinding.
- Teiken spesifiek die Suid-Afrikaanse kind.
- Taalverskeidenheid.
- Bekostigbaarheid.
- Groot omvang en verskeidenheid van die programme.
Kiddi Beat bied aan die fasiliteerder 'n keuse tussen twee programme, naamlik Kiddi Beat SP en Kiddi Beat ED.
Kiddi Beat SP is saamgestel vir musiekspesialiste en kan gebruik word in musiekstudios, sowel as in créches en kleuterskole. Die SP verwys na die musiekspesialis as gekeurde en geakkrediteerde fasiliteer.
Kiddi Beat ED is saamgestel vir algemene kleuterskool fasiliteerders en créche personeel wat musiek naas hulle daaglikse algemene klasaktiwiteite aanbied. Die program is ook beskikbaar aan ouers wat graag hulle kinders tuis of in speelgroepies musikaal wil stimuleer. Die ED dui dus op enige opvoeder, formeel en/of informeel wat nie noodwendig 'n spesialis op enige vakgebied hoef te wees nie.
|